Wat beteken die nuwe minimum inkomstedrempel vir werkgewers?

16 April 2021 0
“Ek dra kennis van onlangse mediaberigte wat aandui dat ‘n nuwe minimum inkomstedrempel vir werknemers bekend gemaak is. Is dit korrek en wat beteken dit vir besigheidseienaars?”

Die Minister van Indiensneming en Arbeid het onlangs ‘n nuwe inkomstedrempel l in terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 (WBDV) gepubliseer om vanaf 1 Maart 2021 in werking te wees. Dit verhoog die WBDV- inkomstedrempel na R211 596.30 per jaar (of ‘n maandelikse bruto-inkomste van R17 633.00) vanaf R205 433.30 per jaar – die drempel wat in 2014 geïmplementeer is.

'Inkomste' beteken die gewone jaarlikse vergoeding voor aftrekkings soos inkomstebelasting, pensioen, mediese en soortgelyke betalings maar uitgesluit soortgelyke betalings (bydraes) deur die werkgewer ten opsigte van die werknemer gemaak, mits bestaans- en vervoertoelae, prestasietoekennings en betaling vir oortyd gewerk, nie as vergoeding beskou word nie. 

Die inkomstedrempel het ‘n wesenlike impak op die toepassing van verskeie bepalings in die WBDV, die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 (WAV), die Wet op Gelyke Indiensneming 55 van 1998 (WBI), die Wet op die Nasionale Minimumloon 9 van 2018 (WNML) en die KVBA-reëls. 

Dié implikasies sluit onder andere die volgende in: 

1) In terme van die WBDV, word werknemers wat bo die drempel verdien uitgesluit van die bepalings wat gewone werksure, oortyd, saamgeperste werksweke, berekening van  gemiddelde werkure, etenspouses daaglikse en weeklikse rustye betaling vir werk op Sondae, vergoeding vir nagwerk en vir werk op openbare vakansiedae, betref.  

2) Ten opsigte van die WAV, is werknemers wat meer as die drempel verdien nie onderhewig aan die beskouingsbepaling soos per artikel 198A van die WAV nie, in terme waarvan werknemers betrokke by ‘n tydelike werkverskaffingsdiens of arbeidsmakelaars en wat nie ‘n tydelike diens verrig nie, geag word as werknemers van die kliënt, vir die doelwitte van die WAV.  

3) Werknemers wat minder as die nuwe drempel verdien is nou ingesluit in die beskerming gebied soos uiteengesit in artikel 198B van die WAV wat van toepassing is op vaste termyn werknemers wat beskou kan word as dat hulle permanent deur die werkgewer in diens geneem is ná ‘n tyderk van drie maande verby is en hul werkgewers ook nie enige regverdigbare redes gebied het vir die vasmaak van die duur van die kontrak in die werknemer se dienskontrak nie. 

4) Die inkomstedrempel is ook relevant vir die doeleindes van artikel 198C wat van toepassing is op alle deeltydse werknemers, wat dui op werknemers wat ten volle of gedeeltelik besoldig word met verwysing na die  tyd wat die werknemer werk en wat minder ure werk as ‘n vergelykbare voltydse werknemer.. 

5) Ten opsigte van die WBI, word ‘n werknemer wat meer as die inkomstedrempel verdien en wat ‘n onregverdige diskriminasie-geskil in terme van Hoofstuk II van de WBI het, nie toegelaat om die geskil na die KVBA vir arbitrasie te verwys nie tensy die geskil te doen het met beweerde onregverdige diskriminasie op grond van seksuele teistering, of as al die partye daartoe instem dat arbitrasie in die KVBA geskied. In die afwesigheid van ‘n ooreenkoms, is ‘n party verplig om die geskil na die Arbeidshof vir beslissing te verwys. 

6) ‘n Werknemer of werker wat minder as die nuwe inkomstedrempel soos gedefinieer in artikel 1 van die WNML verdien, mag ‘n geskil rakende ‘n versuim om ‘n uitstaande bedrag betaalbaar aan daardie werknemer of werker in terme van die WBDV, WNML, ‘n idienskontrak, ‘n sektorale vasstelling of ‘n kollektiewe ooreenkoms te betaal, na die KVBA verwys. 

Die verhoging van die drempel is bedoel om die drempel aan te pas en sodoende meer werknemers in te sluit wat toegang tot geskilbeslegtingsforums soos die KVBA kan kry vir die spoedige en goedkoper oplossing van hul geskille. 

Vanuit ‘n werkgewer se oogpunt, is dit belangrik om te let op watter klasse van werknemer bo en onder die nuwe drempel val, en kennis te neem van die beskerming wat in besonder aan werknemers gebied word wat onder die nuwe inkomstedrempel val.
Share: