Kan jy jou eks-eggenoot sekwestreer vir versuim om onderhoud te betaal?

14 September 2021 0
“In terme van ons egskeidingskikking, moet my eks-man elke maand onderhoud betaal. Hy het ophou betaal, gesê hy kan dit nie verder bekostig nie en is nou wesenlik agterstallig. Ek weet hy het baie finansiële bates wat kan dek wat hy aan my verskuldig is, maar hy sê hy kan dit nie nou net likwideer nie aangesien hy geld sal verloor. Kan ek hom laat sekwestreer sodat hy my kan betaal?”

Waar ‘n eks-eggenoot agterstallig is met onderhoud, sal die eerste stap gewoonlik wees om die onderhoudsooreenkoms/hofbevel met behulp van die howe af te dwing. Sou die eggenoot egter nie ‘n inkomste hê, die vermoë het om te betaal nie of fisiese bates het vir die uitvoering van ‘n lasbrief vir eksekusie nie, bied ons howe die eggenoot hierdeur geraak ‘n ander uitweg om uitstaande onderhoud te vereffen.  

In ‘n onlangse beslissing, het die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria beveel dat ‘n eks-eggenoot onder voorlopige sekwestrasie geplaas word. Die eks-eggenoot het nie fisiese eiendom gehad vir die uitvoering van ‘n lasbrief vir eksekusie nie , maar het aandele in ‘n familie-trust en besigheidstrust wat, tesame met ander bates, gebruik kon word om die agterstallige onderhoud te betaal. Vir sodanige voorlopige sekwestrasie, moes die hof Artikel 10 van die Insolvensiewet in ag neem, wat vereis dat vir sodanige bevel om toegestaan te word: 

  • die petisionerende skuldeiser(eggenoot wat verskuldig is) moet ‘n vordering teen die skuldenaar bewys wat hom of haar in staat stel om aansoek te doen om sekwestrasie van die skuldenaar se boedel;
  • die skuldenaar moes ‘n daad van involvensie begaan het of die skuldenaar moet insolvent wees – ‘n vereiste waaraan in hierdie geval voldoen is, aangesien die Balju bevestig het dat hy nie enigiets teen die skuldenaar kon uitvoer nie; en,
  • daar moet genoeg rede wees om te glo dat dit tot voordeel van die skuldeisers sal wees indien die skuldenaar se boedel gesekwestreer word. 
Gebaseer op die voldoening aan hierdie vereistes, het die hof die bevel vir voorlopige sekwestrasie van die eks-eggenoot toegestaan. Die eks-eggenoot sou op ‘n later stadium die hof kon nader om redes te bied vir hoekom ‘n finale sekwestrasiebevel nie gemaak moet word nie, hoewel in geval van versuim hy wel gesekwestreer sal word en sy bates aan die trustee van sy boedel sal gaan om verkoop te word om sy skuld af te betaal, wat die agterstallige onderhoud sal insluit. 

Dit bevestig dat sekwestrasie ‘n moontlikheid is om agterstallige onderhoud te vereffen, hoewel nie noodwendig die eerste of vinnigste plan van aksie nie. Ons voorstel is dat jy jou prokureur raadpleeg rakende ander beskikbare opsies om agterstallige onderhoud terug te kry en slegs as laaste uitweg oorweeg om aansoek te doen om jou eks-man te sekwestreer. 
Related Expertise: Divorce and Maintenance
Share: