Verkeerde fondse in jou rekening? Wat kan jy en jou bank daarmee doen?

20 May 2021 0
“Ek was onlangs in ‘n situasie waar ‘n derde party per ongeluk ‘n bedrag geld in ons besigheidsrekening inbetaal het. Ons bankier het die bedrag gesien en gevra of dit gebruik kan word om sommige van ons maatskappy se skuld by die bank af te betaal. Toe hulle in kennis gestel is dat dit nie ons geld was nie, is die oorplasing terug na de derde party gereël. Ek het egter gewonder wat sou gebeur het indien ons wel die geld gebruik het of die bank dit gebruik het om ons skuld mee te vereffen?”

As ‘n reël, wanneer geld in ‘n bankrekening inbetaal word, word dit die bank se eiendom, ongeag van wie die geld inbetaal het, en verkry die bank dan ‘n ware reg van eienaarskap op die geld wat inbetaal is. Die bank het egter ‘n persoonlike verpligting tot die kliënt om betaling van die kredietbalans, met rente, te maak soos ooreengekom tussen die bank en die kliënt. 

Die bank mag homself van hierdie persoonlike verpligting aan die kliënt verskuldig, kwytskeld, deur betaling aan die kliënt te maak of deur betaling te maak aan ander persone aangewys deur die kliënt, of die bank kan skuld wat die kliënt aan die bank verskuldig is, verreken. Verrekening vind plaas wanneer twee partye wedersyds geld aan mekaar verskuldig is en beide partye se skuld is verskuldig en betaalbaar.  Verrekening vind outomaties plaas en sodra verrekening daargestel is, sal die skuld as uitgewis beskou word.   

Dienooreenkomstig, indien ‘n bank wat daarop geregtig is, verrekening toepas teen die krediet soos dit in ‘n kliënt se bankrekening reflekteer ten opsigte van ‘n uitstaande skuld verskuldig aan die bank deur die kliënt, word dit nie beskou as ’n betaling wat gemaak word vanuit die krediet soos ditin die kliënt se bankrekening reflekteer, deur die bank nie. Dit word dan eerder beskou as skuld wat wedersyds deur die toepassing van verrekening uitgewis is.  

Dit mag egter gebeur dat ‘n kliënt geen aanspraak het op geld wat in sy rekening inbetaal is nie, byvoorbeeld wanneer geld foutiewelik inbetaal is of gesteelde geld in die kliënt se bankrekening inbetaal is, of wanneer die kliënt, ‘n derde party en die bank ‘n ooreenkoms sluit in terme waarvan die bank verplig is om vanuit die krediet in die kliënt se bankrekening betaling te maak aan ‘n derde party en nie die kliënt nie.

In sulke gevalle, behou die persoon aan wie die geld as’t ware behoort ‘n eis teen die bank vir betaling van die krediet wat reflekteer as gevolg van die inbetaling wat gemaak is. Die kliënt in wie se bankrekening die geld betaal is en wat dan op sodanige fondse beslag lê wetend dat hy geen reg daarop het nie, pleeg diefstal. 

Waar ‘n ooreenkoms tussen die bank, kliënt en ‘n derde party bestaan in terme waarvan die bank verplig is om betaling van fondse in die kliënt se rekening aan ‘n derde party te maak, kan die bank aanspreeklik gehou word indien dit die kliënt toegelaat het om die fondse te neem wetend dat die kliënt geen reg tot sodanige fondse het nie. Die bank is ook verplig om stappe te neem om skade aan die derde party weens die kliënt se wanbesteding van sodanige fondse, te verhoed. Ons howe het ook bevestig dat ‘n bank nie self fondse in ‘n kliënt se rekening wat vir ‘n derde party bedoel is, kan gebruik om die kliënt se skuld aan die bank te verreken nie. 

Jy en jou bank het dienooreenkomstig ten opsigte van die verkeerdelik betaalde fondse, korrek opgetree. 


Where an agreement exists between the bank, client and third party in terms of which the bank is obliged to make payment of funds in the client’s account to the third party, the bank can be held liable if it allowed its client to appropriate funds knowing that the client had no claim to such funds. The bank also has a duty to take steps to prevent harm to the third party through misappropriation of such funds by its client. Our courts have also confirmed that a bank cannot itself appropriate funds in a client’s bank account intended for a third party by way of set-off to discharge the client’s debt towards the bank.

You and your bank accordingly acted correctly in respect of the incorrectly paid funds.
Tags: Bank, Credit, Financial
Share: