Kan ‘n testateur vanuit die graf heers?

16 March 2021 0
“Ek is onlangs as die eksekuteur van die bestorwe boedel van ‘n familielid aangestel. Die bepalings van die oorledene se laaste testament is baie streng, en elke bemaking is onderhewig aan een of ander vorm van voorwaarde. Moet ek hou by die bepalings van die laaste testament, of het die oorledene sy reg om vanuit die graf te heers, oorskry?”

Een van die hoekstene van die erfregin Suid-Afrika, is die beginsel van vryheid van testasie. Die basiese beginsel is dat die testateur vry moet wees om die bates wat hy of sy in die lewe versamel het, na sy of haar oorlewende familielede te versprei om vir hulle te sorg en te verseker dat daar vir hulle voorsiening gemaak is ná sy of haar dood. Maar vryheid van testasie gaan verder as dit deurdat die testateur vry is om te bepaal dat hierdie bates versprei kan word aan wie ook al die testateur wil. Ons howe het hierdie posisie ook bevestig waar gehandhaaf is dat ‘n persoon se wense nagekom moet word, en dat ons artikel 25 van die Grondwet ‘n persoon se reg om met afsterwe hul bates te bemaak nes hul wil, beskerm.

Dit beteken dit is geweldig moeilik om ‘n testament en die bepalings daarvan, suksesvol te betwis. Maar dit beteken ook nie dat ‘n testateur totale onbeperkte diskresie het nie. In wese is daar twee breë areas in terme waarvan die beginsel van vryheid van testasie, beperk word:

1. Statutêre eise

In terme van die Suid-Afrikaanse gemenereg, moet minderjarige kinders voor gesorg word en het hulle ‘n eis teen die bestorwe boedel van hul ouers. Eise van hierdie aard strek ook verder tot ‘n oorlewende eggenoot, en die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 27 van 1990 laat toe vir ‘n oorlewende eggenoot om ‘n eis teen die bestorwe boedel in te stel. Dienooreenkomstig, indien ‘n laaste testament hierdie afhanklikes van ‘n boedel uitstluit, kan hulle as begunstigdes heringestel word. 

Verder sit die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956 uiteen dat die trustees van die Pensioenfonds alle moonlike afhanklikes wat ‘n reg op ‘n pensioenvoordeel mag hê, moet identifiseer voordat die oorledene se deel van die fonds, versprei word, ongeag wat die fondslid in sy of haar testament gesê het.  

2. Openbare beleid en grondwetlike regte

‘n Tweede beperking is waar die wense in die laaste testament van die oorledene teenstrydig is met openbare beleid of die openbare sedes – met ander woorde, skadelik vir die welsyn van die samelewing. ‘n Voorbeeld hiervan is te vinde in Emma Smith Educational Fund v the University of KwaZulu-Natal and Others (2010), waar die laaste testament van die oorlede dit gestel het dat slegs Europese meisies gebore van Britse Suid-Afrikaanse of Nederlandse Suid-Afrikaanse ouers, kan baat by ‘n opvoedkundige fonds wat in terme van sy testament opgerig is. Dié saak het bevestig dat die beginsel van vryheid van testasie, sodra opgeweeg teen die reg tot rasse- en geslagsgelykheid wat die Grondwet aan die individu verskaf, altyd tweede sal kom wanneer dit in die geregshof getoets word.   

Artikel 13 of the Wet op die Beheer van Trustgoed 57 van 1988 kan ook gebruik word om diskriminerende uitsluitings in testamentêre liefdadigheidstrusts te ontken. Dié Wet bemagtig die Hooggeregshof om die bepalings van trustinstrumente en testamente te verander. 

‘n Testateur kan daarvolgens in ‘n omvattende mate vanuit die graf heers, maar nie totaal onbeperk nie.  As eksekuteur sal dit raadsaam wees om enige bepalings wat die testateur se reg tot testasie mag beperk, met ‘n spesialis te bespreek om te verseker jy pas die bepalings van die testament korrek toe. 
Share: